In tussen in Suid Afrika... Hier volg die nuus...
Die Duiwel se huis word
gesloop…
Onteien van sy naam,
“Duiwelspiek”, moet hy nou trek…
Ander blyplek vind en kamstig vrek.
Joernaliste van oral het vir
die duiwel kom vra:
“Hoe voel jy oor die gedoent? “–
Sonder
kommer of kwel het hy stadig met ‘n glimlag gesȇ.
“My huis is nie gemaak van klip – so koud sal ek nooit kry –
Ek het met toestemming, elke
nou-en-dan, verblyf by elkeen van julle gekry.”
Geskok staan die gehoor terug en
kyk hoe die rook by sy mond uit trek –
“Want
mens jok en bedrieg en word vreeslik vies.
Julle vergewe min…
en
skinder baie. Verniel en vernietig dit
wat, veronderstel
is om, rein en dierbaar te wees.”
“Soms maak julle my bang dan sit ek maar op
my berg en rook,
want ek weet julle vernietig self, Die Hoop.
No comments:
Post a Comment