Maandag was ek kaal-boude-onderstebo, in
die lug.
Dinsdag het ek geleer dig.
Woensdag was ek
iemand se vrou en het getrou.
Donderdag was ek iemand se ma en ewige vriend.
Vrydag het ek gehuil oor:
“ek-dink- dat-ek- is- alleen”
Saterdag het
krampe en krake my vel geleen -
Sondag het almal stadig geloop en saggies gesing,
terwyl
ek van een wolk na ‘n ander spring.
No comments:
Post a Comment